Varknek ragu met vars pappardelle pasta. Ragu is heerlik afgekookte vleis.
Kooktyd 4 hours
Kookkuns Italian

Bestandele
  

Jy kan gerus enige pasta gebruik, maar hierdie pasta is heerlik.

  • 60 ml olyfolie
  • 1 kg ontbeende varknek of skouer in blokke gesny (jy kan enige varknek of skouervleis gebruik)
  • 2 uie opgesny
  • 3 knoffelhuisies opgekap
  • 1 eetlepel tiemie
  • 1 eetlepel roosmaryn
  • 3 loerierblare
  • 2 wortels in klein blokkies gesny
  • 1 stingel seldery in blokkies gesny
  • 2 eetlepels tamatiepasta
  • 1 koppie witwyn (kan ook rooiwyn gebruik)
  • 2 koppies beesaftreksel
  • 400 ml passata (vervang met ‘n blikkie tamaties)
  • 1 liter water
  • 1 eetlepel heuning (opsioneel)
  • 2 groot handevol vars basilikruid om na die tyd oor die ragu te sprinkel

Pasta

  • 5 groot eiers en twee eiergele, geklits
  • 300 g meel
  • 200 g semolina
  • 1 teelepel sout
  • water byderhand ingeval die deeg te droog is

Instruksies
 

  • Meng die eiers, meel, semolina en sout bymekaar en werk saam tot jy ‘n elastiese deeg vorm.
  • Knie vir so 5 minute.
  • Vou toe in kleefplastiek en rus in die yskas vir 30 minute.
  • Verdeel die deeg in 4. Gebruik 1 deel terwyl die ander 3 dele steeds in die plastiek toegevou is.
  • Met ‘n pastsamasjien, rol die deel eers op die dikste verstelling (gewoonlik no 7). Vou toe en rol weer, vou toe en rol weer.
  • Rol deur die volgende verstelling (6).
  • Herhaal die proses tot op die dunste verstelling.
  • Sprinkel bietjie meel oor die repe en vou dit stuk vir stuk elke 10 cm op en sny met ‘n mes ongeveer 2 cm dik.
  • Maak die repe oop en hang oor hangers tot jy gereed is om dit te gebruik.
  • Herhaal die proses met die res van die 3 dele van die deeg.
  • Verhit ‘n groot pot water tot kookpunt en kook vir 5-7 minute of tot gaar (al dente of soos jy verkies).
  • Skep ‘n groot bak met die pasta met die ragu bo op en sprinkel met vars basilikruid.
  • Geniet.