Description
Braai is soveel meer as steaks, boerewors en tjops. Natuurlik is die tradisionele goue gunstelinge almal daar: ploegskaar-brekfis, askoek, potbrood, mosbolle, skaapstertjies, Matie Brink se afvalpotjie, waterblommetjies, heuningwortels en malvapoeding. Maar … met haar houtlepel in die pot toor Martelize ’n swetterjoel flambojante treffers op: gerookte mieliepaptert, dieppot-pizza, kreefstertkerrie, calamarisosaties, seekossop en ketelbraai-snoek, eend met sjerrieglaseersel, varknek, lamsboud, koedoesteaks, selfs ’n Latynse braaitafel met flentervarkskouer.
Nou ja, wat is ’n feesmaal sonder die soete verleidings? Pastel de nata (met ’n sweem van kardemom en kaneel), affogato, roomys met gerookte room, koekstruif met braaikoek en perskes, Siciliaanse lemoenkoek, en ’n reënboog van lusmakers. Verskillende tegnieke en metodes vir buitelugkos word ingespan: braai en rooster oor die kole (selfs in die as), swartpotte, ketelbraai en beroking. Naas wenke vir kopkrappers soos braaihout, temperatuurmeters, rookmetodes, die briket-slangmetode en soorte swartpotte kry jy ’n warm dosis nostalgie in die vorm van Martelize se staaltjies en vertellings.
Ware sielskos!
Reviews
There are no reviews yet.