Meng die eiers, meel, semolina en sout bymekaar en werk saam tot jy ‘n elastiese deeg vorm.
Knie vir so 5 minute.
Vou toe in kleefplastiek en rus in die yskas vir 30 minute.
Verdeel die deeg in 4. Gebruik 1 deel terwyl die ander 3 dele steeds in die plastiek toegevou is.
Met ‘n pastsamasjien, rol die deel eers op die dikste verstelling (gewoonlik no 7). Vou toe en rol weer, vou toe en rol weer.
Rol deur die volgende verstelling (6).
Herhaal die proses tot op die dunste verstelling.
Sprinkel bietjie meel oor die repe en vou dit stuk vir stuk elke 10 cm op en sny met ‘n mes ongeveer 2 cm dik.
Maak die repe oop en hang oor hangers tot jy gereed is om dit te gebruik.
Herhaal die proses met die res van die 3 dele van die deeg.
Verhit ‘n groot pot water tot kookpunt en kook vir 5-7 minute of tot gaar (al dente of soos jy verkies).
Skep ‘n groot bak met die pasta met die ragu bo op en sprinkel met vars basilikruid.
Geniet.