Cassoulet is 'n ryk Franse boontjie- en vleisbrede wat afkomsitg is van die Languedoc-streek in Frankryk. Daar is verskillende variasies. Hierdie weergawe is spesiaal vir 'n Suid-Afrikaanse potjie.
Gereg Hoofgereg
Kookkuns French, Suid-Afrikaans
Persone 4

Bestandele
  

  • 2 eendborsies hulle gebruik gewoonlik die dytie/boudjie snit, maar dit neem baie langer om te kook en is moeiliker om in die hande te kry
  • 200 g spek in repies gesny
  • 500 g varknek of rib eye steaks in hap grootes opgesny
  • 300 g varkwories in hap grootes opgesny (kruiewors of bangers)
  • 1 groot ui in bokkies opgesny
  • 6 knoffelhuisies opgekap
  • 1 stuk vinkel in dun repe opgesny (die wit deel so groot soos 'n medium ui)
  • 2 wortels in blokkies gesny
  • 4 preie in dun ringe opgesny maak seker jy verwyder alle sand van die preie
  • 2 selderyfingers in blokkies gesny
  • 1 400 g blikkie tamaties fyngedruk
  • 6 koppies hoenderaftreksel
  • 4 takkies tiemie of 'n eetlepel droë tiemie
  • 1 takkie roosmaryn
  • 3 loerierblare
  • skil van 'n lemoen
  • 1 400 g blikkie cannellini-bone
  • sout na smaak
  • varsgemaalde peper
  • 2 groot handevol pietersielie fyn opgekap

Instruksies
 

  • Sny die velkant van die eend in repe en braai op die velkant in die pot tot baie van die vet uitgebraai het. Verwyder van die pot.
  • Braai die spek tot bros en verwyder van die pot.
  • Braai die wors en vark tot dit kleur gekry het en verwyder van die pot.
  • Indien nodig, voeg olie by die pot en braai die uie, vinkel en knoffel stadig tot deurskynend.
  • Voeg die res van die groente, aftreksel, tamatie, lemoenskil, kruie en spek terug in die pot en prut tot die groente gaar is.
  • Sny die eend in hap groote blokke.
  • Voeg die vleis, eend en bone by die pot. Prut vir 20 minute.
  • Proe die pot vir soutvlakke. Sprinkel peper en bedien met die pietersielie en vars brood.
Sleutelwoorde bredie, cassoulet, potjie