Sny die velkant van die eend in repe en braai op die velkant in die pot tot baie van die vet uitgebraai het. Verwyder van die pot.
Braai die spek tot bros en verwyder van die pot.
Braai die wors en vark tot dit kleur gekry het en verwyder van die pot.
Indien nodig, voeg olie by die pot en braai die uie, vinkel en knoffel stadig tot deurskynend.
Voeg die res van die groente, aftreksel, tamatie, lemoenskil, kruie en spek terug in die pot en prut tot die groente gaar is.
Sny die eend in hap groote blokke.
Voeg die vleis, eend en bone by die pot. Prut vir 20 minute.
Proe die pot vir soutvlakke. Sprinkel peper en bedien met die pietersielie en vars brood.