Voorbereiding tyd 30 minutes
Kooktyd 40 minutes
Persone 6 persone

Bestandele
  

  • 2 koppies amandelpasta (sien resep hieronder)
  • ½ koppies koekmeel
  • 2 t bakpoeier
  • 1 t koeksoda
  • 1 koppies bruinsuiker
  • 2 eetlepels spekulaas spesery (meng 1 teelepel elk van fyn kardamom, kaneel, naeltjies, borrie, gemmer, neutmeskaat)
  • 160 g botter
  • 60 ml melk
  • 1 eier geklits
  • 1 koppie gevlokte amandels

Amandelpasta

  • 2 koppies geblansjeerde amandels
  • 2 koppies suiker
  • 1 teelepel amandelgeursel
  • 1 lemoen se skil fyn gerasper (net die geel, nie die wit)
  • 1 eierwit

Instruksies
 

  • Voorverhit die oond tot 180 grade C.
  • Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, bruinsuiker en spesery saam.
  • Voeg die botter en melk by die mengsel en bewerk tot jy ‘n deeg vorm.
  • Indien dit te droog is, voeg nog melk by.
  • Rus in die yskas vir 30 minute.
  • Deel die deeg op in twee dele en rol uit in die vorm van jou pan of pot.
  • Smeer die pan of pot goed met botter en plaas die eerste deel van die deeg onder.
  • Plaas die amandelpasta in die middel en versprei tot so 2 cm van die randte van die spekulaas.
  • Plaas die tweede deel van die deeg bo op en druk liggies langs die kante toe.
  • Verf die geklitste eier bo oor.
  • Sprinkel gevlokte amandels oor die eier.
  • Bak vir 40 minute of tot goudbruin.

Amandelpasta

  • Plaas die amandels en suiker in ‘n voedselverwerker en bewerk tot goed fyn.
  • Voeg die amandelgeursel, lemoenskil en eier by en blits verder tot ‘n pasta vorm.
  • Bedien met geklitste room.