Voorverhit die oond tot 180 grade C.
Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, bruinsuiker en spesery saam.
Voeg die botter en melk by die mengsel en bewerk tot jy ‘n deeg vorm.
Indien dit te droog is, voeg nog melk by.
Rus in die yskas vir 30 minute.
Deel die deeg op in twee dele en rol uit in die vorm van jou pan of pot.
Smeer die pan of pot goed met botter en plaas die eerste deel van die deeg onder.
Plaas die amandelpasta in die middel en versprei tot so 2 cm van die randte van die spekulaas.
Plaas die tweede deel van die deeg bo op en druk liggies langs die kante toe.
Verf die geklitste eier bo oor.
Sprinkel gevlokte amandels oor die eier.
Bak vir 40 minute of tot goudbruin.