'n Diep, ryk en geurige pot met gestoomde, souserige kluitjies
5 from 1 vote
Gereg Hoofgereg
Kookkuns Suid-Afrikaans
Persone 6

Bestandele
  

  • 2 kg beesstert
  • 3 medium uie rof opgesny die pot prut lank en die uie kook heeltemal weg
  • 4 4 knoffelhuisies rof opgesny die pot prut lank en die knoffel kook heeltemal weg
  • 3 medium wortels opgesny
  • 1 selerystingel opgesny
  • 2 blikkies tamaties
  • 2 eetlepels tamatiepasta
  • 3 takkies tiemie vervang met 1 teelepel droë tiemie
  • handvol pietersielie fyn gekap
  • 1 steranys
  • 2 loerierblare
  • 2 koppies beesaftreksel
  • 1 koppie cape ruby port of OBS sherrie vervang met 2 eetlepels suiker of heuning
  • 1 koppie rooiwyn
  • 2 repies naartjie of lemoenskil (opsioneel)
  • 1 eetlepel swartpeperkorrels
  • 1 eetlepel fyn koljander
  • 1 eetlepel fyn all spice
  • 4 groot aartappels opgesny in medium groot blokke
  • 200 g groenboontjies opgesny groente van jou keuse
  • 1 pakkie sampioene in die helfde gesny groente van jou keuse
  • sout na smaak

Kluitjies

  • 2 koppies meel (koek of witbroodmeel) hou ekstra meel byderhand indien die deeg te slap is om te hanteer
  • 2 eetlepels botter gesmelt
  • 1 pakkie kitsgis
  • 1/2 koppie louwarm melk
  • 1/2 koppie louwarm water
  • 3 eetlepels suiker of heuning
  • 1/2 teelepel sout (of na smaak)

Instruksies
 

Pot

  • Braai die vleis in 'n warm pot tot goudbruin. Sprinkel met sout soos dit braai.
  • Braai die uie tot ligbruin. Moenie hierdie stap oorslaan of verkort nie. Dit is belangrike geur vir die pot.
  • Braai die knoffel saam met die uie vir 'n paar minute
  • Plaas die vleis terug in die pot, gevolg deur al die ander bestanddele.
  • Prut die pot vir 2-3 uur tot die vleis net begin sag raak, maar nog nie uitmekaar val nie. Die kluitjies moet vir nog 30-40 minute kook tot gaar.
  • Onthou om elke uur te loer of daar genoeg vog in die pot is.

Kluitjies

  • Meng al die bestanddele bymekaar en knie vir 10 minute.
  • Laat die deeg rys tot verdubbel.
  • Vorm klein golf groote balletjies (dit raak baie groot). Laat rys vir 30 minute.
  • Sodra die vleis sag is, maar nie uitmekaar val nie, plaas die kluitjies bo op die potjiekos met 'n paar sentimeter tussen elke kluitjie. Maak seker daar is genoeg plek vir die kluitjies om te rys en nie teen die deksel vas te bak nie. Om veilig te speel kan jy ook botter aan die binnekant van die pot se deksel smeer net ingeval dit dalk teen dit vas rys. Dit sal dan makliker loskom. Nes jy sal maak met 'n potbrood.
  • Indien die pot baie droog gekook het, giet nog beesaftreksel of selfs water in die pot om seker te maak die kluitjies het genoeg vog om in te kook.
  • Sit die deksel op die pot en plaas 'n paar kole versigtig bo op die deksel sodat dit 'n bietjie bak. Die stap is opsioneel.
  • Prut die pot vir nog 30 – 40 minute of tot die kluitjies mooi gerys en gaar is.
  • Indien die beesstert wat jy gekoop het klein stukkies beesstert vleis tussenin het, kook eers die groot stukke vir so uur en voeg dan die klein stukkies by en kook verder.
    Jy is welkom om 'n pakkie uiesop of bisto by te voeg indien jy 'n dieper en dikker sous verkies, maar jou aartappels moet die werk van verdikking in die pot doen.
Sleutelwoorde beesstert, bredie, potjie