3 mediumuie rof opgesnydie pot prut lank en die uie kook heeltemal weg
44 knoffelhuisies rof opgesnydie pot prut lank en die knoffel kook heeltemal weg
3mediumwortels opgesny
1selerystingel opgesny
2blikkiestamaties
2eetlepelstamatiepasta
3takkiestiemievervang met 1 teelepel droƫ tiemie
handvol pietersielie fyn gekap
1steranys
2loerierblare
2 koppiesbeesaftreksel
1koppiecape ruby port of OBS sherrie vervang met 2 eetlepels suiker of heuning
1koppie rooiwyn
2repiesnaartjie of lemoenskil (opsioneel)
1eetlepelswartpeperkorrels
1eetlepelfyn koljander
1eetlepelfyn all spice
4grootaartappels opgesny in medium groot blokke
200ggroenboontjies opgesnygroente van jou keuse
1pakkiesampioene in die helfde gesnygroente van jou keuse
sout na smaak
Kluitjies
2koppiesmeel (koek of witbroodmeel)hou ekstra meel byderhand indien die deeg te slap is om te hanteer
2eetlepelsbotter gesmelt
1pakkiekitsgis
1/2 koppie louwarm melk
1/2koppielouwarm water
3eetlepelssuiker of heuning
1/2teelepelsout (of na smaak)
Instruksies
Pot
Braai die vleis in 'n warm pot tot goudbruin. Sprinkel met sout soos dit braai.
Braai die uie tot ligbruin. Moenie hierdie stap oorslaan of verkort nie. Dit is belangrike geur vir die pot.
Braai die knoffel saam met die uie vir 'n paar minute
Plaas die vleis terug in die pot, gevolg deur al die ander bestanddele.
Prut die pot vir 2-3 uur tot die vleis net begin sag raak, maar nog nie uitmekaar val nie. Die kluitjies moet vir nog 30-40 minute kook tot gaar.
Onthou om elke uur te loer of daar genoeg vog in die pot is.
Kluitjies
Meng al die bestanddele bymekaar en knie vir 10 minute.
Laat die deeg rys tot verdubbel.
Vorm klein golf groote balletjies (dit raak baie groot). Laat rys vir 30 minute.
Sodra die vleis sag is, maar nie uitmekaar val nie, plaas die kluitjies bo op die potjiekos met 'n paar sentimeter tussen elke kluitjie. Maak seker daar is genoeg plek vir die kluitjies om te rys en nie teen die deksel vas te bak nie. Om veilig te speel kan jy ook botter aan die binnekant van die pot se deksel smeer net ingeval dit dalk teen dit vas rys. Dit sal dan makliker loskom. Nes jy sal maak met 'n potbrood.
Indien die pot baie droog gekook het, giet nog beesaftreksel of selfs water in die pot om seker te maak die kluitjies het genoeg vog om in te kook.
Sit die deksel op die pot en plaas 'n paar kole versigtig bo op die deksel sodat dit 'n bietjie bak. Die stap is opsioneel.
Prut die pot vir nog 30 - 40 minute of tot die kluitjies mooi gerys en gaar is.
Indien die beesstert wat jy gekoop het klein stukkies beesstert vleis tussenin het, kook eers die groot stukke vir so uur en voeg dan die klein stukkies by en kook verder.
Jy is welkom om 'n pakkie uiesop of bisto by te voeg indien jy 'n dieper en dikker sous verkies, maar jou aartappels moet die werk van verdikking in die pot doen.