Hiermee die resep uit my boek “Martelize Kook! Jy’s genooi” met ‘n beroking “twist” soos op “Martelize gesels met…”
Bestandele
- 1 liter Room
- 1 peul Vanielje
- 200 gram Suiker
- 7 Ekstra Groot Eiergele
- 1 eetlepel Rooswater (optioneel)
- 6 Klein blokkies fudge
- Kookwater
Instruksies
- Verhit die oond tot 150 grade Celsius.
- Sny die vanielje-peul in die lengte af oop en krap die sade uit. Hou die peul. Jy kan dit in die toekoms weer by ’n mengsel gooi. Daar sit altyd nog baie van die sade in die peul vas en dis goud werd.
- Voeg die vanielje sade, room en suiker bymekaar. Plaas in ’n pan op die stoof en verhit op ’n matige hitte.
- Roer gedurig tot die suiker opgelos is en tot jy stoom sien vorm. Die room moet nie kook nie.
- Plaas die eiergele in ’n bak en klits.
- Voeg ’n klein bietjie van die room en suiker-mengsel by die eiergele terwyl jy die heeltyd klits.
- Voeg die res van die room en suiker-mengsel stadig maar seker by. Moenie die warm mengsel te vinnig by die eiergele voeg nie.
- Wanneer dit goed gemeng is gooi die mengsel terug in die pan en plaas op ’n matige hitte terwyl jy deurentyd roer tot dit begin dik raak.
- Voeg die rooswater by.
- Verdeel mengsel tussen klein bakkies en plaas in ’n diep oondbak.
- Gooi kookwater versigtig in die oondbak tot die water die helfde van die hoogte van die bakkies bereik.
- Bak in oond vir 30-40 minute. Die inhoud moet nog ’n bietjie beweeg wanneer jy dit liggies skud.
- Haal uit die oond en laat afkoel.
- Plaas in die yskas vir 3 ure of langer.
- Sit jou oond se rooster aan (of gebruik ’n kombuis “blow torch”).
- Rasper die fudge op die fyn kant van die rasper en strooi dit oor die creme brulee.
- Plaas in die oond direk onder die rooster element vir ongeveer ’n minuut of tot die fudge liggies karamaliseer.
- Moet dit nie te lank onder die rooster hou nie. Dit sal vinnig brand en indien dit creme brulee te warm raak kan dit smelt of loperig raak.
- Indien jy die room wil rook, plaas die inhoud van ‘n paar sakkies tee of saagsels in ‘n bak (soos ‘n braaibak) wat jy oor die kole of oor ‘n gasvlam kan plaas.
- Plaas foelie bo op en ‘n rakkie wat binne in die pan pas.
- Giet die room in ‘n oondvaste bakkie.
- Plaas die bak oor hitte, sit die deksel op en laat die room blootgestel word aan die rook in die pan vir 10 minute.