Steak en niertjie-pastei in ‘n swart platpot (no 10)

Tipies Engelse “pub lunch”, maar die weergawe word in ‘n swartpot oor die kole gemaak.
5 from 1 vote
Voorbereiding tyd 30 minutes
Totale Tyd 5 hours
Gereg Hoofgereg
Kookkuns Suid-Afrikaans
Persone 4 persone

Bestandele
  

  • 2 kg steak soos sirloin lendeskyf of kruisskyf in 2 by 2 cm blokke opgesny (verwyder meeste van die vet indien jy ‘n gesonder gereg wil maak)
  • ¼ koppie meel
  • 500 g lamniertjies (skoongemaak en membraan verwyder)
  • Olyfolie
  • botter om die pot uit te smeer
  • 2 uie opgesny
  • 2 wortels opgesny
  • 250 g sampioene opgesny
  • 3 koppies beesstertaftreksel (hoenderaftreksel kan ook gebruik word)
  • 1 koppie rooiwyn
  • 2 lorierblare
  • 1 takkies tiemie of 1 teelepel gedroogde tiemie
  • sout
  • 1 teelepel peperkorrels
  • 2 pakke skilferkorsdeeg of een groter pak 1 eier geklits

Instruksies
 

  • Indien jy nie met ‘n skilferkorsdeeg wil werk nie, kan jy die vulsel net so in die pot los en ‘n slapdegie maak om bo oor te giet.
  • Meng die vleis met die meel en ‘n bietjie sout en braai in ‘n pot tot goudbruin.
  • Verwyder van die pot en braai die uie tot goudbruin.
  • Voeg al die bestanddele saam terug in die pot en prut vir 2 ure of tot die vleis sag is.
  • Hou die pot dop, die meel kan veroorsaak dat die pot aanbrand.
  • Verwyder van die hitte en laat afkoel.
  • Maak seker jou swartpot (grootte 10) is goed met botter gesmeer.
  • Neem die skilferkors en indien nodig, rol dit ‘n bietjie uit sodat dit in die pot pas en ten minste 5 cm langs die kant van die pot opkruip. Druk liggies vas aan die kante en die bodem van die pot en sny ‘n rowwe sirkel aan die bokant van die deeg om van oortollige stukke deeg ontslae te raak.
  • Sny die ander stuk skilferkorsdeeg sodat dit rofweg ‘n “deksel” van die pastei vorm.
  • Plaas afgekoelde vulsel in die pot en plaas die deeg deksel bo op en druk liggies toe om die randte.
  • Verf met die eier.
  • Neem ‘n mes en maak ‘n klein opening in die middel van die pastei.
  • Indien jy dit oor die vuur wil maak, lae tot medium kole onder en hoë kole op die deksel.
  • Jy kan na so 25 minute die deksel lig en kyk of dit goed bak.
  • Bak vir 40 – 60 minute tot die pastei goudbruin bo op is.
  • Indien jy die oond gebruik bak dit teen 180 grade Celsius.
Sleutelwoorde martelizesestamtafel, pie, steak & kidney