Hierdie sosaties is geweldig veelsydig en 'n heerlike happie op 'n stokkie. Dit is veral 'n lekker idee vir kinders. Jy kan speel met die geure by die maalvleis.
Gereg Snack
Persone 6

Bestandele
  

  • 6 medium-groot wraps
  • 600 g maalvleis
  • 4 eetlepels chilli crisp opsioneel (jy kan ook die maalvleis net met sout, peper en fyn koljander geur)
  • 1 teelepel braaispesery van jou keuse
  • olie om op jou mes te smeer
  • 6 sostatiestokkies (indien jy houtstokkies gebruik, week dit in 'n water vir 'n ruk sodat dit nie maklik brand nie)
  • 1/2-1 koppie braaisous van jou keuse soos HP of Jimmy’s

Instruksies
 

  • Geur die maalvleis met die chilli crisp en braaispesery en meng deur.
  • Skep 'n groot lepel, ongeveer 100g van die maalvleis op een wrap, druk dit mooi plat en gelyk oor die wrap.
  • Rol die wrap op soos 'n pannekoek.
  • Smeer olie op jou mes en sny die wrap in wiggies, ongeveer 2 sentimeter dik.
  • Ryg die wiggies op die sosatiestokkies sodat die vleis gedeelte na buite wys sodat dit karameliseer tydens die braai-proses. (Sien hooffoto).
  • Smeer die braaisous oor die sosaties en braai oor matige hitte tot die sosaties goeie kleur gekry het. Pasop vir brand.
Sleutelwoorde braai, happies, maalvleis, sosaties