Dadels is heerlik in die marinade, maar bied ook verskeie voordele vir jou gesondheid en die vleis. Dit verskaf natuurlike soetheid, karamelisering, antioksidante, minerale, vesel en help ook om jou vleis sag te maak.
Bestandele
- 6-8 ontpitte dadels geweek in warm water (dreineer die water voordat jy die marinade saam blits)
- 1/2 koppie sojasous
- 2 knoffelhuisies
- 1 eetlepels dijon mostert
- 1/2 teelepel paprika
- 1/2 teelepel koljander
- 1/2 teelepel rissie of cayenne opsioneel
- 3 eetlepels heuning
- sout na smaak
- 3 eetlepels warm water om die blits proses te vergemaklik
- 4-6 varktjops
Instruksies
- Blits al die bestanddele (behalwe die tjops) saam tot glad.
- Druip oor die tjops en marineer vir 8 ure.
- Braai oor medium hoë hitte vir 3-5 minute per kant of tot die tjops gaar is volgens jou voorkeur.
- Pasop vir brand, die dadels en heuning bevat suiker wat vinnig aanbrand.


Dit lyk heerlik.
Ek het n ribbetjie resep wat ek tog met jou sal deel. Ek moet dit net soek.
Ja, stuur gerus! Ek sal dit graag wil probeer.