Hierdie heerlike sous genaamd "Tarator" dateer terug na die Ottomaanse-ryk. Dit is gebasseer op asyn en neute souse wat ​​al bestaan sedert die Middeleeue in die Midde-Ooste. Dit is 'n bietjie soet weens die wortels met 'n sout en ligte spesery basis.
Persone 4

Bestandele
  

  • olie vir braai
  • 4 wortels gerasper 
  • 1-2 knoffelhuisies fyn gerasper
  • 2 koppies ongegeurde jogurt
  • 1 teelepel komynsaad
  • sout en peper na smaak
  • olyfolie om bo oor te sprinkel
  • cayenne of rissievlokkies (opsioneel)

Instruksies
 

  • Braai die gerasperde wortels in 'n bietjie olie tot gaar en laat afkoel
  • Meng die wortels met die jogurt, komynsaad, sout en peper
  • Sprinkel 'n bietjie olyfolie bo oor gevolg deur die cayenne of rissievlokkies
  • Bedien met jou gunsteling beskuitjies (crackers)