Ek het geleer hoe om die koekies te maak by 'n nonna in Sisilië saam met die lekkerste groep toerlede 'n dekade gelede op 'n Live The Journey toer. Dit is die perfekte kombinasie van krakerig en 'n taai-fudge tekstuur. Dis net lieflik.
Bestandele
- 3/4 koppie suiker (1/2 sal ook heerlik wees)
- 2 groot eierwitte
- 2 koppies amandelmeel
- 2 suurlemoene se skil fyn gerasper
- 1 teelepel vanielje ekstrak
- heel of geflokte amandels
Instruksies
- Klits die eierwitte totdat hulle skuimerig is of sagte punte vorm voordat jy die droë bestanddele invou.
- Meng die amandelmeel, suiker en suurlemoenskil saam.
- Voeg die ekstrak by die eierwit.
- Vou die eierwit deur die droeë bestanddele.
- Laat die deeg vir 5 tot 10 minute rus sodat die amandelmeel die vog absorbeer.
- Maak jou hande ‘n bietjie nat of smeer dit met olie.
- Skep eetlepelgroote balletjies van die mengsel en vorm ‘n balletjie.
- Plaas op ‘n oondbak wat met bakpapier uitgevoer is. Ek spuit ‘n bietjie olie oor die bakpapier. Laat ‘n sentimeter of twee spasie tussen die balletjies.
- Druk ‘n amandel of amandelvlokkie bo op die balletjie. Die balletjies sal ‘n bietjie kraak aan die kante. Die koekies vorm in elk geval krake soos dit bak. Dit is tradisioneel.
- Bak teen ongeveer 165°C-170°C vir ongeveer 18–20 minute totdat die rande goudbruin is en die bokante kraak.
- Laat afkoel.


Ek is Mal oor ALMANDLES
Jy gaan dan baie lief hiervoor wees. Jy kan amandel ekstrak ook gebruik ipv vanielje. Geniet!