Ratatouille is 'n klassieke Franse Provençaalse groentegereg. Ek het wildsboerewors bygevoeg vir die naweek se wedstryd tussen die Bokke en Frankryk.
Gereg Voorgereg
Kookkuns French, Suid-Afrikaans
Persone 6

Bestandele
  

  • 3 eiervrug in blokke opgesny
  • 2 uie opgesny
  • 4 zucchini (courgette, murgpampoentjies) opgesny
  • 1 rooi soetrissie opgesny
  • 1 geel soetrissie opgesny
  • 4 knoffelhuisies opgesny
  • 3 vars tamaties opgesny
  • 1 blikkie tamaties
  • 1 eetlepel tamatiepasta
  • 1 bossie vars kruie (pietersielie, roosmaryn, tiemie)
  • olie om die groente te braai
  • 2 pakke boerewors ons het wildswors gebruik
  • handvol basiliekruid opgekap

Instruksies
 

  • Sprinkel sout oor die eiervrug en laat staan. Na 15 minute, verwyder meeste van die vog. Jy kan dit met kombuispapier opdroog.
  • Braai die eiervrug in 'n pot met olie tot goudbruin. Verwyder van die pot.
  • Braai die uie en zucchini saam in die pot met nog olyfolie tot goudbruin. Sprinkel sout oor die groente.
  • Voeg die knoffel by en braai vir nog 2 minute.
  • Voeg die vars tamaties by en roer deur gevolg deur die blikkie tamaties, die soetrissies, tamatiepasta, kruie en peper na smaak.
  • Prut die potjie tot die groente gaar is. Die groente sal baie water trek, so die pot behoort nie water te vra nie, maar hou dop ingeval.
  • Braai die boerewors oor hoë hitte totdat jy lekker kleur gekry het, maar nog rou is. Verwyder van die hitte. Sny in stukke, voeg by die pot en prut vir nog 5 minute tot gaar.
  • Bedien met vars basiliekruid oor gesprinkel.
Sleutelwoorde boerewors, groente, potjie