Australiërs is baie lief vir hulle Snags. "Snag" vir 'n wors kom van ouer Britse en Skotse streeksdialekte waar dit 'n klein stukkie vleis, 'n happie of 'n ligte maaltyd beteken het. Dit is 'n baie eenvoudige braai happie. 'n Tipe worsie soos 'n frankfurter of dik vienna op 'n sny witbrood met gebraaide uie en tamatiesous. Verskeie dele van Australië gebruik deesdae 'n hotdog broodrolletjie. Ek hoop net hulle het goeie kwaliteit tamatiesous!
Bestandele
- 6 varkworsies soos 'n frankfurter of gerookte vienna
- 2 groot uie opgesny
- olie om die uie te braai
- 6 snye witbrood
- tamatiesous
Instruksies
- Ek sny repe in die worsies, maar dit is opsioneel.
- Braai die ui tot goud.
- Braai die worsies tot jy 'n bietjie kleur gekry het.
- Plaas die worsie op 'n sny witbrood.
- Sprinkel 'n eetlepel van die gebraaide ui bo oor, gevolg deur tamatiesous.



Ek bly nou 43 jaar in Australië en kan nou nog nie gewoond raak aan hu,lie snags nie! Dit kom nie naby ‘n boerierol nie! Die wors smaak soos plastiek en die brood sit aan jou verhemelte vas. Nee wat, ons kan nie braai nie, maar die boerewors is in die pan en die Biltong staan reg! Bokke Bo!
Geniet die lekker boerewors!