Ek het onlangs 'n onderhoud met 'n Suid-Afrikaner gevoer wat 'n restaurant in Lapland bestuur. Op die restaurant se spyskaart het hulle 'n sjokolade en liquorice nagereg. Ek het 'n bietjie meer opgelees en blykbaar is liquorice een van hulle gunsteling bestanddele in nageregte veral in Ysland en die wyer Nordiese streek (insluitend Denemarke, Lapland, Noorweë en Swede). Hierdie is 'n maklike en eenvoudige weergawe van 'n sjokolade-en-liquorice nagereg. Ons het 'n gas gehad wat nie liquorice eet nie en sy was absoluut gek oor hierdie nagereg. Die liquorice oorweldig nie die smaak van die sjokolade nie.
Gereg Dessert
Persone 6

Bestandele
  

  • 100 g liquorice Hou 1 stukkie liquorice per bakkie eenkant vir garnering. Opgeknip, om oor die nagereg te sprinkel (opsioneel).
  • 250 ml room
  • 200 g sjokolade opgebreek in stukke Ek gebruik 70% goeie kwaliteit sjokolade.

Instruksies
 

  • Plaas die liquorice in ‘n pan met 45ml (3 eetlepels) water en smelt stadig oor lae hitte.
  • Roer gereeld tot gesmelt.
  • Verhit room stadig or lae tot medium hitte. Dit moenie borrel nie.
  • Voeg die sjokolade by die room en smelt oor baie lae hitte. Indien die room warm genoeg is sal die sjokolade mettertyd smelt sonder dat dit oor hitte gehou word.
  • Voeg die gesmelte liquorice by die room en skokolade mengsel en roer deur.
  • Giet ‘n porsie in mooi bakkies en verkoel in die yskas vir 30 minute.
  • Sprinkel liquorice stukkies oor die nagereg en bedien.
  • Dit is baie ryk nagereg. 'n Porsie is 'n klein bakkie. Indien jy groter porsies wil bedien, verdubbel die resep sodat jy genoeg vir 6-8 mense het.
Sleutelwoorde dessert, nagereg, sjokolade