Jy, jou gaste en gesin gaan hierdie spaghetti-pastei verslind. Die tekstuur van die spaghetti is fantasties. Die Napolitaanse weergawe is tradisioneel en bevat geen maalvleis of tamatiebasis nie, maar slegs eier, ricotta en kaas.
Gereg Hoofgereg
Kookkuns Italian
Persone 6

Bestandele
  

  • 500 g spaghetti Een pak spaghetti.
  • olie om ui en knoffel in te braai
  • 1 groot ui fyn opgesny
  • 3 knoffelhuisies fyn opgekap
  • 2 teelepels droë oreganum
  • 1/2 teelepel neutmeskaat
  • 500 g mince
  • 4 varkworsies van die derm verwyder
  • 400 ml passata (vervang met ‘n blikkie tamaties)
  • 2 eetlepels tamatiepasta
  • 1 koppie ricotta
  • 3 groot eiers
  • groot handvol vars basiliekruid vir die maalvleissous en vir opdiening
  • sout
  • peper
  • 1 koppie mozzarella gerasper  
  • 1 koppie parmesankaas fyn gerasper

Instruksies
 

  • Kook die pasta tot net gaar. Behou 'n halwe koppie van die pastawater.
  • Braai die maalvleis en varkworsievulsel tot gaar.
  • Voeg die ui en knoffel by en braai vir ‘n paar minute.
  • Voeg die passata, sout en peper na smaak en oreganum by en prut vir 10 minute. Die vleissous moet nie te dik wees nie. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
  • Klits eiers.
  • Meng met ricotta, witpeper, neutmeskaat en sout by die eiers.
  • Voeg helfde van die parmesankaas en helfde van die mozzarella by die eiermengsel en meng deur.
  • Meng ‘n 1/2 koppie van die pastawater stadig by die eiermengsel terwyl jy klits.
  • Voeg die pasta by die mengsel en roer goed deur.
  • Indien jy die oond gebruik, voorverhit tot 200 grade Celsius.
  • Smeer die pot met 'n bietjie olie.
  • Skep ‘n 3de van die spaghetti-mengsel in die pot.
  • Skep helfde van die maelvleis bo op die spaghetti in ‘n laag.
  • Herhaal die proses tot die bestanddele op is.
  • Bak die pastei vir 20 minute.
  • Sprinkel die res van die kaas oor die pastei en bak vir nog 5 – 10 minute.
  • Rus die pastei vir 15 minute.
  • Sny en bedien.
  • Sprinkel met vars basiliekruid.
Sleutelwoorde pasta, pastei, spaghetti