Die gevulde baguettes is die perfekte gereg om met die hand te geniet.
Bestandele
- 2 franse baguettes Jy kan ook individuele lang broodrolletjies gebruik.
- 500 g Deli-co se lamswors of boerewors van jou keuse 1 pak wors is genoeg vir 4 mense
- 2 koppies cheddarkaas gerasper
- 2 koppies klaar voorbereide pasta-sous Jy kan ook 'n blikkie tamaties blits tot glad en sout, peper en oreganum of basilikruid byvoeg.
- mayonnaise Ek gebruik Dr. Trouble se Troublenaise. Dis heerlik.
Instruksies
- Sny die baguette op in 2-3 dele (Dit hang af hoe groot die baguette is)
- Sny meeste van die brood aan die binnekant uit om ‘n holte te vorm Hou die stukke brood om te doop.
- Braai die wors tot net gaar en sny dit in duim lengte stukke. Jy kan dit ook in ‘n pan doen en die lekker pansous gebruik om ook in die baguette te giet.
- Verhit die pasta-sous.
- Plaas die kaas in ‘n pan en verhit stadig tot gesmelt.
- Plaas ‘n lepel pasta-sous in die baguette gevolg deur die wors, mayonnaise en ‘n skeppie kaas.
- Herhaal tot die baguette gevul is.


