Die Australiërs eet blykbaar hierdie slaai by baie van hulle "barbies". Australiese cuisine word baie deur Asië beinvloed. Die slaai is geweldig geurig en maak gebruik van 'n spesifieke noedel wat ek nie in Suid-Afrika kon kry nie. Ek vervang dit met 'n tipe stir -fry-noedel of selfs two minute noedels.
Gereg Salad
Kookkuns Australies
Persone 6

Bestandele
  

  • 1/2 kool
  • 60 ml olyfolie
  • 1 -2 eetlepels geroosterde sesamolie jy kan minder insit indien jy sensitief is vir die diep geur
  • 30 ml sojasous
  • 60 ml witasyn
  • 30 ml heuning of suiker jy kan nog byvoeg, indien jy van meer soet hou
  • 4 sprietuie
  • 3 pakkies droë 2 minute noedels of stir -fry-noedels verwyder die speserypakkie van die noedels
  • handvol geroosterde amandels

Instruksies
 

  • Sny die kool in baie dun repies
  • Plaas die droë noedels in die lugbraaier of in jou oond, spuit met olie en rooster teen 170 grade Celsius vir 7 – 10 minute. Onthou om halfpad te skud. Die noedels kan baie vinnig verbruin en dalk te donker raak. Koel af.
  • Meng die asyn, sojasous, heuning, sesamolie en olyfolie saam en klits tot heeltemal geïntegreer.
  • Kap die amandels in stukke en rooster tot ligbruin
  • Sny die sprietuie in dun repies.
  • Meng die kool met die slaaisous, sprietuie, amandels en opgebreekte noedels.
  • Bedien dadelik voordat die noedels sag raak.
Sleutelwoorde braai, salad