Val van die been, sappige varkribbetjies. Jy kan hierdie ribbetjies ook in die oond maak met 'n paar aanpassings.
Gereg Hoofgereg
Persone 4

Bestandele
  

  • 2 kg varkribbetjies (spare ribs)
  • 1 koppie mostertsous
  • 1-2 t sout
  • 1-2 t fyn peper

Sojabraaisous

  • 1 duim gemmer, gerasper
  • 2 knoffelhuisies, gerasper
  • 1 brandrissie, fyn opgesny
  • olie vir braai
  • 2 eetlepels ligte sojasous
  • 1/2 koppie heuning
  • 1/2 koppie tamatiesous
  • 3 eetlepels asyn
  • geroosterde sesamolie vir sprinkel

Instruksies
 

  • Maak seker die slagter het die vleis vir jou voorberei en die agterste membraan verwyder. Jy kan dit self ook heel maklik afhaal.
  • Smeer die mostertsous oor die ribbetjies.
  • Sprinkel sout en peper oor die ribbetjies en laat staan in die yskas vir 2-4 uur.
  • Plaas 7 onaangesteekte brikette in jou ketelbraaier met 5 brikette wat aangesteek is aan die een kant. Die brikette moet aan mekaar raak.
  • Plaas 'n opvangbak met water onder waar die ribbetjie gaan lê. Plaas een klein stukkie hout op die deel wat brand. Maak die ketelbraaier toe.
  • Die boonste luggate moet'n derde oop wees en onder op 2. Wag tot dit 100-120 °C bereik.
  • Rook die ribbetjie vir 2-3 ure.
  • Plaas die ribbetjie met die sojabraaisous in dubbelfoelie en draai goed toe sodat geen sous uitloop nie.
  • Bak dit in die ketelbraaier vir 3 ure by 120-140 °C.
  • Die ribbetjle moet sag genoeg wees sodat dit maklik losbreek.
  • Haal die ribbetjie versigtig uit die foelie en plaas bo-oordie kole.
  • Jy moet dalk die kole aanvul. Smeer elke nou en dan van die sous wat oorgebly het oor die ribbetjie. Braai tot die ribbetjie 'n bietjie kleur gekry het.

Braaisous

  • Braai die gemmer, knoffel en rissie in 'n bietjie olie in 'n pan tot ligbruin.
  • Voeg die res van die bestanddele, behalwe die sesamolie by en prut vir 5 minute. Sprinkel semamolie oor die gaar, gebraaide ribbetjie na smaak.
Sleutelwoorde vark, varkribbetjie