Braai jou groente! Dit gee die ongelooflikste geur. Ek het pragtige wit aspersies in 'n winkel gevind, maar jy kan enige tipe aspersie gebruik.
Bestandele
- 3-5 per persoon aspersies
- olie om oor die aspersies te smeer
- sout en peper na smaak
- olyfolie
- suurlemoen
- 30 g per persoon fetakaas
- geroosterde dennepitte opsioneel
Instruksies
- Smeer olie oor die aspersies en sprinkel met sout en peper.
- Braai die aspersies oor 'n hoë hitte tot jy goeie kleur sien en die aspersies gaar is volgens jou voorkeur.
- Sprinkel fetakaas oor die gebraaide aspersies gevolg deur olyfolie en dennepitte.

