Soms is die eenvoudigste geregte die lekkerste. Burrata is 'n vars Italiaanse mozzarella-kaas met 'n soliede buitekant en delikate, loperige middel. Ons eet dit 'n paar keer deur die jaar en dit is een van die lekkerste vars, geurige happe.
Gereg Bygereg, Voorgereg
Kookkuns Italian
Persone 2

Bestandele
  

  • 2 tamaties in dik skywe gesny
  • 6 stukkies ingelegde artisjok opsioneel
  • 1 burrata
  • 6 blare basiliekruid
  • olyfolie om bo oor te sprinkel
  • sout en peper na smaak

Instruksies
 

  • Pak die tamaties in 'n sirkel, gevolg deur die artisjok.
  • Plaas die burrata in die middel op die tamaties, gevolg deur die basilikruidblare.
  • Sprinkel met olyfolie, sout en peper.
Sleutelwoorde burrata, slaai