Gebruik muffinpannetjies om vir elkeen 'n individuele mieliebroodjie (of twee) te maak. Bedien met botter, heuning (of konfyt) en kaas.
Gereg Snack
Kookkuns Suid-Afrikaans
Persone 6

Bestandele
  

  • 1 koppie growwe mieliemeel
  • 1 koppie koekmeel (of witbroodmeel)
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 300 ml amasi of karringmelk
  • 2 eetlepeles olie
  • 3 ekstra groot eiers geklits
  • 1 blikkie geroomde mielies (410 g)
  • 1 koppie gerasperde cheddarkaas (jy kan ook gouda gebruik)
  • botter om die pannetjies te smeer
  • heuning om bo oor die muffins te giet

Instruksies
 

  • Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
  • Meng die bestanddele saam en roer goed deur.
  • Giet die beslag in botter besmeerde muffinpannetjies tot driekwart gevul.  
  • Bak vir 20 – 30 minute tot gaar (afhangend van hoe groot jou muffinpannetjies is) en tot jy 'n ligte bruin kleur kan sien bo op of om die kante.
  • Druk gate met 'n stokkie of vurk in die broodjies en giet die heuning bo oor.
  • Laat vir 'n paar minute afkoel in die pannetjies.
  • Sny of breek die broodjies oop en bedien met botter, kaas en heuning of konfyt.
Sleutelwoorde brood, cornbread, mieliebrood