Hierdie is een van die lekkerste happies wat ons al oor die kole voorberei het. Die spek kom tot sy reg en die ui heerlik soet. Die verg een of twee probeerslae, maar dit raak baie maklik soos jy vorder.
Gereg Snack

Bestandele
  

  • 6 groot uie (hoe groter hoe beter)
  • 6 varkworsies
  • repiespek (1-2 repies per uiering)
  • braaisous (opsioneel)

Instruksies
 

  • Sny die ui in dik ringe.
  • Haal die ringe uitmekaar en hou groot ringe met 'n kleiner ring sodat jy 'n vulsel tussen die twee kan plaas.
  • Sit die varkworsvulsel in 'n sirkel tussen die twee ringe.
  • Rol die spek rondom die uieringe. Jy hoef nie die uieringe heeltemal met die spek te bedek nie.
  • Braai oor matige kole tot die spek bros en die varkvulsel en uie gaar is.
  • Jy kan die uieringe smeer met jou gunsteling braaisous terwyl dit braai. Pasop vir aanbrand.
  • Sien video vir die proses.
Sleutelwoorde happies, spek, uie