Gee my rys in enige van sy wye diversiteit van vorms. Risotto, spesery rys, net so met ‘n bietjie botter of Nasi Goreng, ‘n gereg met sy oorsprong in Indonesië. Die gereg is baie aanpasbaar. Jy kan bv. hoenderrepe, groenbone en wortel ook byvoeg.
Voorbereiding tyd 30 minutes
Gereg Hoofgereg
Kookkuns Indonesies
Persone 2 persone

Bestandele
  

  • 1 eetlepel suiker – palm, kokosneut ot bruinsuiker
  • 1 groot ui of groenuie opgesny
  • 3 knoffelhuisies
  • 1 rissie
  • 1 duim gemmer gerasper
  • 5 ansjovis fillette wat in olie ingelê is. Dit vervang die garnaalpasta
  • 3 eetlepels kashewneute
  • 4 koppies varsgekookte basmatierys
  • 3 eetlepels soet sojasous
  • eiers
  • olie vir braai
  • 4 kaffir lemmetjie blare (opsioneel)

Instruksies
 

  • Plaas die suiker, ui, knoffel, rissie, gemmer en ansjovis in ‘n voedselverwerker en blits tot ‘n pasta
  • Braai die kashewneute in ‘n droë pan tot ligbruin
  • Verhit ‘n pan met ‘n paar eetlepels olie en braai die pasta en kaffir lemmetjieblare vir 2-3 minute terwyl jy konstant roer
  • Voeg die rys en die soet sojasous by die pan en roer deur
  • Sprinkel kashewneute bo oor
  • Bak die eiers en bedien bo op