Maak die lewe vir jou maklik en goedkoop met onthaal die feesseisoen. Niks is lekkerder en meer bekostigbaar as ‘n lekker varsgebakte brood nie. Die deeg kan ‘n dag voor die tyd aangemaak word om nog lekkerder te ontwikkel. Plaas dan die deeg oornag in die yskas. Haal ten minste 2 ure voor jy dit wil bak uit die yskas. Hiermee my feespotbrood.
Voorbereiding tyd 1 hour
Kooktyd 1 hour 40 minutes
Gereg Bygereg, Voorgereg
Persone 10 persone

Bestandele
  

  • 1 kg witbroodmeel (hou altyd ekstra meel byderhand)
  • 1 pakkie (10 g) kitsgis
  • 15 ml sout
  • 15 ml suiker of heuning
  • 625 ml louwarm water (hou altyd ekstra water byderhand) van jou keuse van kaas opgesny in blokkies (ek gebruik mozzarella, cheddar en of boerenkaas – jy kan ‘n mengsel van die drie ook gebruik)
  • 60 ml olyfolie
  • 10-15 kersietamaties
  • 1 takkie roosmaryn met die blaartjies afgetrek

Instruksies
 

  • Meng die meel, gis, sout, suiker en olyfolie saam.
  • Voeg water stelselmatig by en roer met ‘n groot lepel.
  • Voeg nog water by en sodra alles bymekaar kom, begin knie.
  • Knie vir ten minste 10 minute.
  • Knie tot die deeg nie meer so baie aan jou hande klou nie. Jy soek nie ‘n loperige of ‘n droeë deeg nie.
  • Laat rys vir 40 minute tot dit verdubbel met ‘n nat lap of plastiek bo op sodat dit nie uitdroog nie. Maak seker jou pot of pan is goed met botter gesmeer. Indien jy ‘n potbrood maak, smeer ook die deksel aan die binnekant vir ingeval jou brood teen die deksel vas bak.
  • Maak seker die pot is groot genoeg dat die deeg nog kan verdubbel met die rys en bakproses. Indien die deeg te veel is kan jy dit altyd in die helfde deel en die ander later bak.
  • Plaas die deeg nadat dit klaar gerys het in die pot of pan en druk die kersie tamaties, kaas en die roosmaryn rowweg in die deeg.
  • Bak in die oond teen 180 grade C vir 40 minute tot ‘n uur .Indien jy die brood oor die kole bak, plaas op kole wat nie meer gloei nie en genoeg kole bo op die deksel van die pot.
  • Bak vir 40 minute tot ‘n uur of tot die brood bo op lekker goudbruin is en binne in gaar. (jy kan ‘n mes in die middel afdruk, indien dit skoon uitkom is die brood gaar).
  • Let wel, die tamaties en kaas kan die brood ook bietjie nat binne in laat voorkom.