Daar was 'n lekker gesprek oor die naam van steak sliders in Afrikaans op my sosiale media. Alles van beeshaas glippers, skuifers en glyers. Helaas het ek besluit ons hou vir eers by steak sliders. Ek het dit vir die eerste keer vir my verjaarsdag gemaak en dit is 'n groot "crowd pleaser". Jy kan die heel mini-broodbolletjies in sekere winkels koop, maar vind 'n resep hieronder om die sagte rolletjies self te maak. Ek gebruik fillet vir hierdie resep omdat dit sag en makliker is om in die broodjies te eet. Jy is welkom om ander steak snitte te gebruik. Onthou om die steak in baie dun skyfies te sny sodat dit maklik eet. Ek braai ook die steak tot blou-rou, want dit gaan aanhou kook in die sliders wanneer jy dit verhit en die kaas smelt.
5eetlepelsolieom die uie stadig te braai tot gaar en gekaramelliseer
4 mediumtamaties in skywe gesny
pekels soos gherkins of jalapeños in dun skywe gesny
1pakkiepeper of sampioensopek het spur se peper steaksous gebruik
Fillet
500-600gramfillet steakhalwe fillet
Bottersous om broodtjies mee te bedruip
2mediumknoffelhuisies fyn gekap
1/4koppiebotter
1teelepelpaprika
1handvol pietersielie fyn opgekap
Doopsous
1mediumui opgesny
1eetlepelolie
2koppiesbeesaftreksel
1eetlepelbotter
1teelepelWorcestershire-sous
1/2teelepelknoffelpoeiervervang met 1 knoffelhuisie opgesny
sout en swartpeper na smaak
Instruksies
Sagte broodrolletjies vir sliders
Meng die nat bestanddele
Voeg die meel by, roer goed deur
knie die deeg vir 10 minute
Dit is ‘n klewerige deeg. Jy kan ‘n bietjie ekstra meel byvoeg indien dit te moeilik is om te hanteer
Laat die deeg vir 1-2 uur rys (deeg wat met botter en eier verryk is rys stadiger)
Vorm klein balletjies
Laat weer vir 'n uur rys of tot die broodrolletjies in groote verdubbel het
Bak teen 180° 20-30 minute.
Maak die botterknoffelsous halfpad deur die bakproses (sien instruksies hieronder)
Haal die broodrolletjies uit die oond sodra die broodrolletjies ‘n ligte, gouebruin kleur gekry het
Smeer die warm broodrolletjies met die botterknoffelsous
Gekaramelliseerde uie
Braai die uie in die olie oor stadige hitte vir ongeveer 30 - 40 minute tot sag en ligbruin
Roer gereeld om brand te voorkom
Fillet steak
Sprinkel die fillet met olie, sout en peper
Braai die steak op baie hoë hitte tot blou gaar. (Dit gaan verder gaar raak wanneer jy die slider braai. Onthou om gereeld te draai om brand te vermy)
Rus vir 10 - 15 minute
Sny in baie dun skywe
Botterknoffelsous om broodtjies mee te bedruip
Voeg al die bestanddele bymekaar en verhit tot die botter gesmelt is
Doopsous
Braai die ui tot dit kleur kry
Voeg die res van die bestanddele by en prut vir 30 minute
Giet die warm aftreksel deur ‘n sif in klein bakkies en bedien dadelik om broodjies in te doop
Stel die steak sliders saam en braai
Sny die hele broodrol oop sodat jy dit soos 'n toebroodjie kan oopmaak (sien foto)
Pak die kaas oor die hele bodem van die broodrol
Pak die gesnyde steak op die kaas gevolg deur die uie, tamaties en piekel
Skep van die peper of sampioensous bo oor (sien foto)
Maak die broodrol toe
Verhit die heel steak slider in die oond of soos 'n braaiboordjie oor die kole.
Die steak slider sal te dik wees om in 'n rooster te braai. Plaas dit op 'n oop rooster oor matige hitte met 'n groot bak (geskik vir die braai) bo oor die hele slider (sien foto) en plaas kole bo op die bak. Maak seker die bodem brand nie. Bak so tot die kaas gesmelt is.
Verwyder van die hitte en sny in individuele porsies
Bedien die steak sliders op 'n bordjie met 'n individuele bakkie met doopsous vir elke persoon.