Maak golfgroote balletjies met die mac en kaas en druk 'n stukkie mozzarella-kaas in die middel.
Vou toe en druk goed bymekaar.
Plaas die balletjies op 'n bord gesmeer met olie en plaas in die yskas vir so 10 minute terwyl jy die meel, eier en brood gereed kry.
Doop balletjies in meel, eier en dan in die broodkrummels
Doop weer in eier en dan broodkrummels om seker te maak die balletjie breek nie oop tydens die diepbraai nie
Plaas die balletjies vir 'n uur in die vrieskas
Verhit olie (toets of dit gereed is met 'n broodkrummel, sodra dit in die olie goed borrel is dit gereed)
Plaas die balletjies versigtig in die olie en diepbraai tot goudbruin
Verwyder van die olie met 'n groot lepel en plaas op kombuispapier om oortollige olie te absorbeer
Bedien met die chakalaka doopsous