Voorverhit die oond tot 220 °C.
Maak die gekaramelliseerde uie in 'n pan wat in die oond kan gaan. Braai in die botter tot bruin, draai om en braai vir nog 'n paar minute tot dit bruin karamelliseer.
Voeg balsamiese asyn, sout en peper, die suiker en tiemie by en prut vir 5 minute of tot meeste van die vloeistof weggekook is.
Haal van die hitte af en skuif die uiemengsel meer na die binnekant van die pan sodat daar 2 cm oop is aan die buitekant van die sirkel.
Laat afkoel.
Sny 'n sirkel uit die skilferkorsdeeg, so groot soos die binnekant van die pan wat jy gebruik, en plaas dit in die pan bo-oor die uiemengsel.
Bak in die oond vir ongeveer 20 minute of tot die deeg lekker opgepof en ligbruin is.
Laat bietjie afkoel. Plaas 'n opdienbord onderstebo bo-op die pan en dop die bord met pan versigtig, maar vinnig, om. Indien van die uie vulsel vassit, skep dit eenvoudig net uit en plaas bo op die tert.
Sny die tarte tatin soos 'n pizza.
Sit voor met vars tiemie bo-oor gesprinkel met die bokkaas en biltong soos 'n pizza hier en daar geplaas.