Go Back
Tabbouleh is 'n Oos-Mediterreense slaai ook bekend as tabouleh, tabbouli, tabouli of taboulah. Die groot hoeveelheid pietersielie in die slaai is kenmerkend. Ek het onlangs weer daaraan gedink nadat ek 'n artikel gelees het oor die gesondheidsvoordele van pietersielie. Pietersielie ondersteun beendigtheid, dit is 'n antioksidant en anti-inflammatories, help met nier- en urienweggesondheid, bloedsuikerregulering, vertering en help selfs met asemverfrissing.
Gereg Salad
Kookkuns Mediterranean
Persone 4

Bestandele
  

  • 2 koppies gaar, afgekoelde bulgarkoring Spesifiek bulgur wheat, nie die koring wat jy vir koringslaai sal gebruik nie
  • 2 groot bossies pietersielie
  • 1 handvol kruisementblare
  • 1/2 komkommer
  • 3 sprietuie
  • 3 tamaties
  • 1 knoffelhuisie fyn gerasper
  • 1 suurlemoen se sap
  • 1/2 koppie olyfolie
  • sout en peper, na smaak

Instruksies
 

  • Verwyder die stingels van die pietersielie en mentblare en kap dit baie fyn
  • Sny die komkommer, sprietuie en tamaties in klein blokkies
  • Meng al die bestanddele saam en proe die vlakke van sout en peper. Olyfolie bied wonderlike geur indien jy voel dit kort nog.
Sleutelwoorde slaai