Brosrys is 'n baie groot gunsteling in ons huis en bedien dit gereeld vir gaste. Stel 'n bakkie saam volgens jou eie voorkeure. Lekker speel!
Gereg Voorgereg
Kookkuns Asies, Suid-Afrikaans
Steak
- 500-600 gram steak van jou keuse
- 1/2 koppie sojasous
- 1/2 koppie heuning
- 1 eetlepel asyn of suurlemoenpeper
Piekel
- 3/4 koppie suiker
- 1 koppie asyn (witwyn, wit of appelasyn)
- 1 koppie water
- 5 medium - groot wortels gerasper
Brosrys
- 5 koppies gaar rys van jou keuse (sushi of risotto-rys werk goed, maar jy kan enige rys gebruik)
- 100-130 gram chilli crisp of crunch Daar is verskillende opsies in die winkels beskikbaar.
- 2 eetlepels knoffelpoeier
Opsies vir bykomstighede - gebruik na smaak
- mange tout of baba mielies per persoon
- sout na smaak
- mayonnaise (verkieslik kewpie of sushi-styl mayo)
- basiliekruid opgesny vir garnering
- geroosterde sesamolie sprinkel baie min bo oor, dit is 'n sterk smaak
- gaar sampioene opgesny
- sprietuie opgekap
- bean sprouts
Piekel
Meng die suiker, asyn en water. Roer tot die suiker opgelos het.
Voeg die gerasperde wortels by die piekelsous en plaas dit in die yskas. Indien dit die dag voor die tyd gemaak kan word sal dit net lekkerder raak.
Brosrys
Meng die gaar rys met die chilli crisp en knoffelpoeier. Roer goed deur tot al die rys met die olie van die chilli crisp bedek is. Jy is welkom om meer van die chilli crisp te gebruik.
Verhit die oond tot 180 grade Celsius en bak vir 20-30 minute. Roer die rys elke 10 minute.
Stel steak-bakkie saam
Braai die steak tot die gaarheid van jou keuse.
Smeer met marinade terwyl jy braai. Maak seker jou marinade word gaar gebraai.
Rus vir 15 minute.
Sny in dun repe.
Skep van die rys in ‘n bakkie met steak eenkant en ‘n skep van die wortelpiekel.
Bedien met ‘n bietjie mayonnaise, ‘n klein bietjie sesamolie (min gee baie geur), basiliekruid en enige van die ander bykomstighede van jou keuse.
Sleutelwoorde braai, steak