Go Back
Gereg Salad
Persone 6

Bestandele
  

  • 1 ui, opgekap
  • 2 knoffelhuisies opgekap
  • 200 g sampioene opgesny
  • 1 teelepel fennelsaad
  • 1 teelepel neutmeskaat
  • 200 g spinasie
  • 2 koppies orzo pasta
  • 3-4 koppies hoenderaftreksel voeg eers 3 koppies by, die spinasie trek baie water
  • 1 koppie parmesankaas
  • 100 g bokkaas
  • 1 koppie cannellini-bone
  • 1 handvol ment opgekap jy kan ook pietersielie gebruik
  • suurlemoen

Instruksies
 

  • Braai die ui en knoffel tot deurskynend en sag.
  • Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Sprinkel met sout en peper.
  • Voeg die fennelsaad by.
  • Voeg die spinasie by en kook tot gaar.
  • Voeg die orzo by met die helfde van die aftreksel en prut. Roer elke nou en dan. Die orzo sal 'n bietjie vassit. Voeg die res van die aftreksel by. Dit sal help om die orzo los te maak van die pan se bodem.
  • Voeg die kaas by en smelt deur.
  • Voeg die boontjies by, roer deur en bedien met gekapte ment en 'n paar sprinkels suurlemoen bo oor die slaai.
  • Die slaai kan warm of koud bedien word.