Ons is baie lief vir lamsrib, maar soms wil jy nie 'n hele rib vir vyf uur gaarmaak vir net twee of drie mense nie. "Riblets" is 'n wonderlike oplossing.
Gereg Snack
Kookkuns Suid-Afrikaans
- olie
- sout
- peper
- geroosterde koljandersade grof gemaal
- suurlemoensap
Sprinkel die ribbetjies met olie, gevolg deur sout, peper en 'n goeie hoeveelheid geroosterde koljandersaad.
Braai die ribbetjies terwyl hulle staan soos jy met 'n groot lamsrib sou doen en sprinkel elke nou en dan met suurlemoensap.
Braai die ribbetjies tot effens sag en bros. Hierdie proses neem ongeveer 40 minute.
Onthou om die ribbetjies gereeld om te draai.
Sleutelwoorde braai, lam, lamsrib, riblets