Go Back
Paella is 'n baie groot gunsteling in ons huis. Hierdie paella het ook inspirasie geneem van 'n Franse vriend wat by ons kom kuier het en selfs borrie en vinkelsade bygevoeg het. Daar is baie variasies van dié "peasant" resep. Die oorspronklik Paella Valenciana het dinge soos hoender, haas, eend en groenbone bygevoeg. Hulle het nie van seekos gebruik gemaak nie. Hierdie paella vra nie vir garnale nie. Dit is 'n bietjie ligter op die beursie. Jy is natuurlik welkom om garnale by te voeg.
Gereg Hoofgereg
Kookkuns Spaans
Persone 4

Bestandele
  

  • 1/3 koppie olyfolie
  • 8 stukke hoender  boudjies en/of dye
  • 1 koppie chorizo of spek opgesny  
  • 500 gram vark rib steak of varklies (pork belly) in klein blokkies gesny
  • 1 groot ui of 2 medium uie fyn gekap 
  • 1 rooi soetrissie in repe gesny 
  • 1 groenpeper in repe gesny 
  • 4 knoffelhuisies fyn gekap 
  • 4 tamaties opgesny of ‘n blikkie tamaties 410 ml
  • 2 teelepels gerookte paprika 
  • 1 teelepel borrie (opsioneel)
  • 1/2 teelepel vinkelsaad 
  • 2 koppies paella of risotto-rys  
  • 4 koppies 4 koppies hoender of -visaftreksel (ek verkies helfde-helfde van die twee) 
  • 1 koppie witwyn (of nog ‘n koppie aftreksel) 
  • 1 groot knippie saffraandrade (opsioneel)  
  • 1-2  koppies (ongeveer 400g)  mossels (skoongemaak) 
  • 1 koppie kalamari (skoongemaak) 
  • 1 koppie bevrore ertjies (ontvries)
  • groot handvol  opgekapte vars pietersielie 
  • sout en swartpeper na smaak  
  • suurlemoenwiggies

Instruksies
 

  • Verhit die aftreksel in 'n aparte pot en laat die saffraandrade daarin week.  Hou warm oor lae hitte.  
  • Sprinkel die hoender met sout
  • Braai die hoender in 'n groot plat paella-pan tot goudbruin en verwyder van die pan (ek het al ‘n groot plat swartpot gebruik)
  • Braai die chorizo of spek in vir ‘n paar minute en verwyder van die pan of skuif eenkant in die pan
  • Verhit olyfolie oor medium hitte.  
  • Braai die vark in die olie vir 5 minute
  • Voeg die gekapte ui, rooi soetrissie, groenpeper en fyngekapte knoffel by en braai tot sag 
  • Roer die tamaties en speserye by en kook totdat die tamaties begin opbreek.  
  • Voeg die hoender by met ‘n koppie van die aftreksel en prut vir 15 minute 
  • Draai die hoender om
  • Voeg die rys rondom die hoender en vleis eweredig oor die pan.  
  • Giet die aftreksel bo oor 
  • Bedek die pan met foelie en prut vir 10 minute
  • Kyk of die pan vog benodig
  • Prut vir nog 10 minute tot die vog deur die rys geabsorbeer is 
  • Voeg seekos en ertjies by, bedek weer met die foelie en stoom vir 10-15 minute of tot die seekos gaar is
  • Verwyder die foelie en prut tot jy ‘n kraakgeluid hoor. Dit beteken jy het die gesogte bros kors bereik. Hulle noem dit die socarrat. Dis nie die einde van die wereld indien dit nie 'n kors gevorm het nie. Solank die rys en seekos gaar is, gaan jy lekker eet.
  • Garneer met vars pietersielie en suurlemoenwiggies
Sleutelwoorde hoender, paella, rys, seekos