Go Back
Hierdie is 'n baie veelsydige happie. Jy kan enige keuse van vulsels bo op plaas soos snoekpatee, komkommer, tamatie en roomkaas.
Gereg Appetizer
Persone 6

Bestandele
  

  • 200 ml Melk
  • 1 koppie meel
  • 1 eetlepel gesmelte botter ekstra vir die pan om die blinis gaar te braai
  • 1/2 teelepel bakpoeier
  • 1 groot of ekstra groot eier
  • 1/2 teelepel sout
  • 1//4 koppie kaas parmesan of cheddar werk goed
  • 1 teelepel droĆ« pietersielie
  • 100 gram gerookte forel
  • mayonnaise
  • piekel van jou keuse soos gherkin of jalapeno

Instruksies
 

  • Meng die melk, meel, botter, bakpoeier, eier, sout en kaas saam en klits goed tot die beslag glad is en geen klonte gesien kan word nie.
  • Verhit 'n pan tot matig warm en voeg botter by die warm pan
  • Skep 'n groot eetlepel van die beslag en plaas in die pan. Hou aan met die proses. Behou 'n sentimeter spasie tussen elke blinis. Dit gaan 'n bietjie uitsit en pof.
  • Afhangend van hoe warm jou pan is, draai elke blinis om na 'n minuut of twee en bak verder tot goudbruin en effe gepof.
  • Verwyder van die pan en herhaal met die res van die beslag.
  • Laat die blinis afkoel en plaas 'n stukkie van die forel bo op, gevolg deur 'n halfwe teelepel mayonnaise en 'n stukkie van die piekel bo op.
Sleutelwoorde happies