Ons probeer dieselfde effek oor die kole skep as wat 'n tandoori-oond bied. Dit sal nooit dieselfde wees nie, maar dit is heerlik. Die speserye oorweldig nie die delikate geure van die lam nie. Indien jy die tyd het is dit die beste om die vleis oornag te marineer.
Gereg Main Course
Kookkuns Indian, Suid-Afrikaans
- 6 lamtjoppies
- 1 teelepel borrie
- 1 teelepel koljander
- 1 teelepel knoffelvlokkies of vars
- 1 teelepel komyn
- 1 teelepel cayenne
- 1 teelepel paprika
- 1 teelepel fennelsaad (opsioneel)
- 2 eetlepels suurlemoensap
- 4 eetlepels jogurt
- 2 eetlepels olyfolie
- 1 teelepel sout (of na smaak)
- 2 eetlepels tamatiesous Dit maak nie die sous soet nie.
Meng al die bestanddele saam en giet oor die tjops
Maak die bak toe en marineer die tjops oornag in die yskas. Indien jy haastig is, marineer vir soveel uur as wat jy kan terwyl jy die vuur gereed kry.
Bring die tjops tot kamertemperatuur vir ongeveer 20 minute.
Braai teen hoë temperatuur tot die gaarheid van jou keuse
Draai gereeld en smeer die marinade oor die tops tot die tweede laaste draai sodat die marinade gaar kan braai.