VSA en RSA in een dekadente, luukse bak. Grits word in die VSA met hominy gemaak wat vervaardig word met 'n gedroogde mielie. Ek het vir die resep growwe mieliepap gebruik.
Gereg Bygereg
Kookkuns American, Suid-Afrikaans
Mieliepap
- 1 koppie growwe mieliepap
- 4 koppies hoenderaftreksel 1 liter
- 2-4 eetlepels botter
- 1 koppie gerasperde cheddarkaas
- 1/2 koppie room (opsioneel) Dit maak die gereg net meer dekadent.
Smoor
- 1 ui opgesny
- 2 knoffelhuisies opgesny
- 1 blikkie 410g tamaties
- 1 eetlepel tamatiepasta
- blatjang na smaak (ek verkies dit of tamatiesous bo suiker)
- 2 koppies water
- sout en peper na smaak
- olie vir braai
Mieliepap
Bring vier koppies hoenderaftreksel tot kookpunt.
Klits een koppie growwe pap by en prut op lae hitte tot dik en gaar.
Voeg die botter en kaas by en roer tot die kaas gesmelt is.
Voeg die room by indien verkies.
Smoor
Braai die ui in die olie tot sag.
Voeg die knoffelhuisies by en braai nog 'n minuut.
Voeg die blikkie tamaties, tamatiepasta en blatjang by.
Giet die water in die pan en prut tot die smoor verdik.
Roer deurentyd.
Proe vir soet en sout. Voeg nog blatjang by indien nodig.