Smeer die pan of pot met botter.
Bring ’n pot met water en 2 teelepels sout tot kookpunt.
Kook die pasta tot al dente of verwyder van die hitte 3 minute voor die pakkie aandui dat dit gekook is.
Dreineer en sprinkel 4 eetlepels olie oor die pasta en meng deur. Los eenkant.
Braai die uie tot deurskynend.
Voeg die knoffel by en braai nog vir 2 minute.
Voeg die tamatie en tiemie by en prut vir 10 minute.
Sout en peper na smaak.
Braai die spek tot bros.
Meng die pasta met die tamatie mengsel, die spek en room.
Sprinkel die kaas bo oor.
Jy wil genoeg vog in die mengsel hê om die pasta nog verder te bak.
Berei die ketelbraai voor vir indirekte bak.
20 aangesteekde brikette aan die een kant van die ketelbraai geplaas.
1 stompie hout bo op.
Maak die deksel van die ketelbraai toe en bring tot 180 grade Celsius.
Plaas die pan of pot in die ketelbraai en bak vir 40 minute of tot goudbruin bo op.