Met net 'n paar bestanddele kan jy 'n heerlike pot Spaetzle voorberei! Bedien met enige vleis of vis.
Kooktoerusting
- Handmenger of Voedselverwerker
- Spaetzle drukker of Pasta vergites
- Pot
- Gaatjieslepel
- Groot lepel
- Spaan
- Koppie
- Teelepel
- Eetlepel
Bestandele
- 2 koppies koek of witbroodmeel
- 4 extra groot eiers
- ½ koppie melk
- 1 teelepel sout
- 1 eetlepel botter
- 250 ml room
- ¼ teelepel vars gerasperde neutmeskaat
- fyngekapte pietersielie
Instruksies
- Hou ekstra meel en melk byderhand indien dit te dik of te loperig is. Die eiergrootte kan dit beïnvloed. Dis ‘n slap deeg soos pannekoek.
- Jy kan enige kaas ook hierby bedien.
- Meng die meel, eiers, melk en sout saam en klop die beslag vir 15 minute of tot dit borrels begin vorm. Jy kan ‘n handmenger of ‘n voedselverwerker gebruik.
- ‘n Spaetzle drukker word gewoon gebruik, maar jy kan ‘n pasta vergites gebruik.
- Bring ‘n groot pot water tot kookpunt.
- Hou die vergites bo oor die kokende water. Wees versigtig vir stoom!
- Skep ‘n groot lepel van die beslag in die vergites en stoot dit deur met ‘n spaan tot daar groot druppels van die beslag in die kookwater val.
- Kook die beslag skep vir skep.
- Verwyder met ‘n gaatjieslepel en plaas die botter bo op. Roer deur.
- Voeg die room by die spaetzle en sprinkel neutmeskaat bo oor.
Notas
Bedien met enige vleis of vis.