Gevulde croq monseur fondue (ham, kaas en witsous) gebakte brood
Is jy opsoek na 'n resep vir 4 of meer mense? Hierdie gevulde croq monseur fondue is genoeg om enige persoon se mond te laat water en daardie kolletjie in die maag te vul!
Persone 4 Persone

Kooktoerusting

  • Koppie
  • Eetlepel
  • Mengbak
  • Pan of Potjie
  • Broodmes
  • Bak vir droë bestanddele
  • Broodpan
  • Oond

Bestandele
  

Vulsel

  • 60 ml meel
  • 75 ml botter
  • 3 koppies melk
  • 2 eetlepels dijon mostert
  • 100 g bloukaas
  • 5 ml sout (die bloukaas en gruyere is reeds baie sout)
  • Peper
  • 250 g gruyere kaas fyngerasper
  • 250 g ham in blokkies gesny

Maklike witbrood

  • 500 g witbroodmeel (Hou altyd ekstra meel byderhand)
  • ’n halwe pakkie kitsgis
  • ½ eetlepel sout
  • 1 eetlepel suiker of heuning
  • 310 ml louwarmwater (Hou altyd ekstra water byderhand)
  • 2 eetlepels olyfolie

Instruksies
 

Vulsel

  • Smelt die botter, voeg die meel by, meng deur en kook vir 3 minute.
  • Voeg die melk stelselmatig by terwyl jy aanhoudend roer om klonte te voorkom. Kook vir 10 minute. Roer aanhoudend.
  • Voeg die mostert, bloukaas, peper en sout by.
  • Roer die mengsel tot die bloukaas gesmelt het en laat afkoel.
  • Vat ’n golfbalgrootte hoeveelheid van die deeg en maak dit plat, ongeveer ’n sentimeter dikte.
  • Smeer ’n potjie of broodpan met botter.
  • Druk die witbrooddeeg rofweg met die hand plat en vul die pan of potjie met die deeg uit. Dit moet met ongeveer 4 sentimeter oorhang sodat jy dit kan toevou. 
  • Plaas ‘n laag witsous in die deeg, met ‘n laag van die ham en gruyere.
  • Herhaal lae tot die bak vol of die witsous op is.
  • Vou die deeg bo oor en knyp dit toe.
  • Rus vir 20 minute tot die deeg weer rys.
  • Verhit oond tot 180 grade Celsius.
  • Bak vir ongeveer 30 minute of tot die broodjie lig bruin is bo op.
  • Sny die brood oop (die sous sal uitloop) of breek die bo kant van die brood oop en doop die stukke in die sous.

Maklike witbrood (maak ‘n medium grootte brood) – Hierdie deeg is ‘n basis vir ‘n groot verskydenheid resepte.

  • Hierdie hoeveelhede bied ’n sag, stewige deeg vir ’n groot brood. Let wel, meel is soms droeer, afhangend van jou ligging en die seisoen. Hou dus altyd ekstra meel en water byderhand. Nadat jy goed geknie het behoort jy ’n sagte, maar stewige deeg te he wat nie klam aan jou hande vasklou nie. Indien die deeg bietjie natter is, is dit ok. Dit rys heerlik met groter ligborrels, perfek vir ’n potbrood.
  • Die deeg word ook as basis vir van die ander resepte hieronder gebruik. Enige ekstra deeg kan vir ’n dag of twee in die yskas gehou word vir latere gebruik.
  • Meng al die droë bestanddele bymekaar.
  • Voeg water bietjie vir bietjie by tot jy ’n stewige deeg vorm wat maklik knie.
  • Voeg die olie by.
  • Knie vir minstens 10 minute of tot jou hande skoon is. Hoe langer jy knie hoe beter die brood. Voeg meer water of meel by indien jy sien die deeg is te pap of te droog.
  • Laat rys vir so 40 minute of tot dit verdubbel het.
  • Knie af en plaas in jou broodpan, of pot vir die vuur. 
  • Daar moet genoeg spasie in die pan wees vir die brood om amper te verdubbel.
  • Laat die brood weer rys vir ongeveer 40 minute.
  • Bak teen 180 grade celsius vir 30 – 40 minute. Wanneer dit liggies bruin is kan jy begin dophou.
  • Indien jy kleiner broodjies in bv muffin pannetjies bak, bak dit korter anders gaan jy met harde beskuitbrood sit.

Notas

Gebruik die witbrooddeegresep. Of koop deeg.