Voorbereiding tyd 30 mins
Kooktyd 2 hrs
Kookkuns Duits
Persone 6

Bestandele
  

  • 1 kg lamsvleis in blokke gesny (boud of skenkel)
  • 500 g stowe beesvleis in blokke gesny
  • 500 g varkvleis in blokke gesny (skouer of magie)
  • olyfolie vir braai
  • 1 groot ui
  • 4 wortels
  • ‘n liter hoenderaftreksel
  • 200 g boerenkool (kale)
  • 4 preie in ringe opgesny (onthou om dit goed te spoel of laat lê opgesnyde preie in water vir 15 minute)
  • 4 aartappels in blokke opgesny
  • sout en peper na smaak

Instruksies
 

  • Braai die vleis in sarsies tot bruin en verwyder van die pot
  • Braai uie tot bruin
  • Voeg die vleis by die pot
  • Voeg die groente by die pot met die aftreksel
  • Prut vir 1 ½ – 2 ure tot die vleis sag is

Pin It on Pinterest

Share This