Meer oor my

Die boompie (wingerdstok) is geplant en gebuig in die Paarl!

Politieke Wetenskap was my studie-veld op Stellenbosch en steeds ‘n groot passie.

Ek leef ‘n bevoorregte lewe naby die water in Seepunt en werk ommiedraai by RSG radiostasie (SAUK). www.rsg.co.za

Soggens 09:00 word die mikrofoon aangeskakel vir Oggend op RSG en na 12:00 wanneer die program klaarmaak word daar of honderde e-posse beantwoord of ek ry die wereld vol opsoek na interessante Suid-Afrikaanse stories.  Die mobiele mikrofoon toer oral saam.

Honde, perde, ‘n wonderlike familie en vriende, kos, goeie rooiwyn en musiek maak my gelukkig.

Dit is vir my ‘n groot voorreg en verantwoordelikheid om mense te help en inspireer (waar ek kan) om ‘n gelukkiger pad in die lewe te vind.

Kom reis saam.

 

This post is also available in: Engels

Pin It on Pinterest

Share This