Hoendersosaties perfek vir die kole. Die jogurt en speserye verseker die hoenderborsies is heerlik sappig.

Sien video van stappe en volledige resep uit “Martelize Kook! Jy’s Genooi” hieronder.

 

Gemarineerde Indiese hoendersosaties (4 persone)

4 hoender borsies in blokke gesny

250 ml jogurt

1 duimgrootte gemmer fyngerasper

2 knoffelhuisies, fyngerasper

1 rissie, fyngekap

5 ml borrie

5 ml sout (of na smaak)

peper na smaak

4 kardamompeule

5 ml komyn

5 ml fyn koljander

30 ml tamatiesous

15 ml olie

Meng alles saam en rus in die yskas oornag

Jy kan dit net so in ‘n pan braai met botter of vir die vuur op sosatie-stokkies braai

 

Pin It on Pinterest

Share This